Na-huwelikskontrakte

Die Proses

Ten einde u huweliksbedeling te verander, sal u eers toestemming van die Hooggereshof moet bekom.

  1. U kan ons eenvoudig per epos kontak en ons met u kontakbesonderhede voorsien asook die datum van u huweliksdatum.
  2. U sal ons ontangserkenning kry, tesame met die relevante inligting en ons faktuur.
  3. Betaling kan geskied per EFT of by wyse van direkte deposito, waarna die bewys van betaling per epos aan ons gestuur word.
  4. U ontvang die konsep kontrak (met beide opsies) en kies dan u voorkeur opsie. U lig ons dan in van u keuse en enige veranderinge wat u verlang.
  5. Ons sal u dan kontak om u keuse te bespreek en enige wysigings wat u verlang te bevestig. Ons sal die Nahuwelikse Kontrak dienooreenkomstig finaliseer, en voortgaan met die opstel van die benodigde konsep verklarings vir u en u gade.
  6. Ons sal enige bykomende inligting wat benodig word, aanvra via epos, waarna die konsep verklarings in PDF formaat aan u gestuur sal word vir nagaan en ondertekening daarvan. 
  7. Ons sal reel vir die dokumentasie om deur `n koerier opgelaai te word ten einde die saak ter rolle te plaas.
  8. Sodra die Hofbevel toegestaan is, sal die Nahuwelikse Kontrak afgestuur word vir registrasie. 

Ons sal u op hoogte hou aangaande die registrasieproses, totdat ons die geregistreerde Nahuwelikse Kontrak van die Registrateur van Aktes af terug ontvang het. Ons sal dit skandeer en u van `n afskrif van die geregistreede kontrak per epos voorsien, voordat die oorsponkike per pos aan u versend word.

Vinnig, Maklik & Doeltreffend...

Ons Fooie

Ons allesinsluitende fooi vir:

Hooggeregshof Aansoek................................R8,500 

Advokaat's fooi ................................................R1,750 

Nahuwelikse Kontrak & Registrasie ...............R2,500

TOTAAL (uitsluitende enige advertensies ...R12,750